Leon's Random Ramblings

I didn't get this far only to say I got this far

Leon's Random Ramblings RSS Feed
 
 
 
 

Ghana July 2009

Nuus uit Ghana
Leon, 20 Julie 2009

Nouja ek was so pas in Ghana en toe besluit ek om maar met Emirates direct vanaf Accra na Dubai te vlieg. Dis soos gewoonlik ‘n nice vlug, 8.5 ure, maar ongelukkig ry mens oor 4 tydzones and die verskil in tyd maak mens baie moeg. Ek het die hele aand geslaap!

AGA Accra

AGA Accra


Dit het goed gegaan in Ghana. Die foto wys ons in tipiese Afrika-klere, kleurvol en informeel. Dis maar tipies Afrika – niks werk nie – maar niemand is gepla nie. Dis mos OK. Gelukkig is die mense vriendelik en behulpsaam en daar is goeie tye. In my kamer het net een gloeilampie gewerk (die een in die bedlampie), want hulle wag nog vir spares. In die konferensiekamer is daar 4 lugreelings: 1 is stukkend, 1 lek water in die eetkamer onder ons, en bly dus afgeskakel, en die oorblywende 2 kan nie die vertrek vol mense koel hou nie. Die ergste is dat die plaaslike ouens dit nie agterkom nie. Nie dat hulle te veel stink nie, net so bietjie teen 7nm. Ek het ‘n plaaslike selfoon gebruik en dit kos my omtrent 10 sent per SMS en so R1 per minuut om te bel, baie goedkoop. My kamer, wat heel gerieflik is, was USD60 per dag en my maaltye was so gemiddeld USD10 – en dit sluit altyd ‘n koue bier in omdat dit so warm is. Die seep in die badkamer is ‘n koekie Lux met ‘n skerp reuk. Geen Sjampoe. Die taxi van die lughawe af is ‘n diesel mini-bus wat sy plek volwaardig kan inneem by enige SA taxi rank.
Dirty beer bottle top

Dirty beer bottle top


As mens desperaat is leer mens ook maar om oë toe te knyp. Die foto langsaan is van die bier bottel se bokant – die geel merke is waar die prop geroes het teen die glas. Ek het amper vir ‘n strooitjie gevra.
Look left

Look left


Die volgende drie foto’s verdien ‘n verduideliking: Die eerste een wys die pragtige paadjie wat voor die kantoor verby loop – idillies! Die grond is so vrugbaar jy kan ‘n dooie stok in die grond druk en dit sal groei! Maar, draai om en reg agter jou is die ruines van die gebou wat gestroop is vir boumateriaal. Minder as 20 meter weg. Die dakplate van die mooi paadjie is ook nie meer reguit nie en hulle is minder as ‘n jaar oud. Hoe gaan hulle oor 2 jaar lyk?
Look right

Look right


Direk langsaan is die diesel kragopwekker. Ja, ons werk met diesel want die krag is meeste van die dag af. Hulle wil nog ‘n dakkie opsit, miskien volgende jaar. Miskien nooit. Die drade loop soos ranke op die grond, hulle het nie lus om dit toe te gooi nie want dalk kom daar probleme en dan moet hulle dit weer oopgrawe so hulle los dit sommer net so. Wat vir my so verbasend is, is dat die mooi en die lelik direk langs mekaar is en niemand gee om nie!
Generator

Generator


Die watertenk is ook so opsigtelik lelik. Ja die munisipale water is nie baie betroubaar nie en nou het elke persoon maar sy eie watertoring om water te stoor. Die oranje muurtjie waaraan die werker verf is die riooltenk – ja, die munisipaliteit kom eenkeer per week en pomp die riool uit. Ten spyte daarvan dat dit ‘n stad met 1,6 miljoen inwoners is (2,9 miljoen in die metro) het hulle nog nie behoorlike riool nie. Die rede? Niemand wil daarvoor betaal nie, nou ry hulle maar met Pay-As-You-Go lorries rond. As jy nie geld het hierdie maand nie loop jou tenk maar oor in jou buurman se erf en niemand gee om nie.
Water tower

Water tower


En nog so bietjie.
Kragdrade

Kragdrade

Hulle elektriese standaarde is ook vir my vreemd. Die buitegeboue waar die staff bly kry krag van die hoofgebou af. Maar in plaas van ‘n behoorlike installasie met skakelaars en kabels en aardlekkasie, word die draad sommer met spykers teen die muur vasgespyker nadat dit teen die boom vasgespyker is. Sjoe!

En finaal wil ek net ‘n foto wys wat ek uit my kamer se venster geneem het. Ons is op die hoek van ‘n besige hoofpad en daar is die hele tyd verkeer. Straatverkopertjies hardloop op en af en toeters blaas die hele nag lank. Geen klankdemping nie – mens raak gou gewoond aan die “musiek”.

Natuurlik, hier in Abu Dhabi is alles net die teenoorgestelde. 5-Ster-blink en alles werk maar dis vrek duur. Ek het ‘n Pay-As-You-Go kaart gekoop om mee te bel omdat my RSA roaming kostes te hoog is, sowat R8 per sms. Nou kos dit my “goedkoop”, omtrent R1 per SMS en R7 per minuut om huistoe te bel as ek verlang. Die taxi is ‘n E-klas Mercedes en my kamer het 15 ligte, almal werk en meeste is op dimmers. Ek het 3 soorte seep in my badkamer plus sjampoe en handeroom, 3 waslappe, 6 handoeke, veelvuldige pakkies met naelvyltjies en ander pamperlang-goeters waarvan ek die helfte nie verstaan nie, en ‘n botteltjie blou reukwater. O, en mondspoelmiddel.

Maar dis warm hier, so ampers 40 grade buite met 80% humiditeit. Ek het gisteraand gaan rondloop om vars lug te skep (ja, vars!), maar mens kom terug en jou hemp is papnat aan jou lyf vasgeplak. En dis nie ‘n koue papnat nie, dis ‘n ongemaklike warm een. Amper soos ‘n nat poep.

Nouja ek gaan wikkel, ons gesels weer. Liefde vir almal.

L


Sent by Leon Uys, PMP(r) IBM Certified, Using Google Mail
Home in Johannesburg ZA +27825735580 Voice / sms
In the UAE +971555812518 Voice / sms
In Ghana +233540733193 Voice / sms

Comments are closed.

Welcome!

Hello! Welcome to Leon's world of pain and laughter, a tear and a smile. Please feel free to share your own by commenting. See you back soon! Or chat to me on the airwaves, my callsign is ZR6N

You will find me on Instagram and G+ and facebook

Pay the Rent

Menus

Weather at Home

You can enter http://leonhome.no-ip.biz/weather or look below: Weather Underground PWS IGAUTENG115